top of page

Suid-Afrika is op die rand van ‘n ‘gr. R-krisis’

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 21
  • 1 min read

Suid-Afrika staan op die rand van ’n gr. R-krisis in 2026, en volgens Fedsas lê die skuld volkome by provinsiale onderwysdepartemente.


Dit aangsien departemente nie die basiese administratiewe vereistes kan nakom nie.  


Maroela Media berig volgens Fedsas se hoof, Jaco Deacon, is die situasie reeds jare lank onvolhoubaar, maar met die verpligte inwerkingstelling van gr. R volgende jaar, word die bestaande finansieringsgaping nou ’n volskaalse krisis.


Hy voeg by daar is geen bykomende geld in provinsies om die Bela-wysiging te implementeer nie.


Fedsas het opnuut ’n beroep op president Cyril Ramaphosa gedoen om die verpligte gr. R-jaar uit te stel.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page