top of page

Suid-Afrika is uiteindelik van die gryslys geskrap

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 26
  • 1 min read

Suid-Afrika is van die berugte gryslys geskrap.


Dit na meer as twee jaar van intense ondersoek deur die Finansiële Aksietaakmag (FATF).


Eyewitness News berig die wêreldwye finansiële misdaadwaghond het Suid-Afrika in Februarie 2023 op die lys geplaas omdat die land nie voldoen het aan internasionale standaarde rakende die voorkoming van geldwassery en terrorismefinansiering nie.


Dit het Suid-Afrika meer as twee jaar geneem om die ongewenste etiket af te skud, nadat 22 dringende aksiepunte suksesvol aangespreek is.


Die FATF het die jongste besluit op die laaste dag van sy plenaire vergadering en werkgroepvergaderings in Parys geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Citywire
Ter illustrasie. FOTO: Citywire

 

Comments


bottom of page