top of page

‘Suid-Afrika is vasgevang in ’n siklus van swak groei’

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 16
  • 1 min read

Graderingsagentskap Moody’s waarsku dat Suid-Afrika vasgevang is in ’n siklus waar swak groei en lae beleggersvertroue die Reserwebank dwing om rentekoerse hoog te hou om kapitaalvloei aan te trek. Hierdie hoë leningskoste demp egter beleggings en hou groei verder terug. Die waarskuwing kom voor die Reserwebank se rentekoersbesluit hierdie week. Daar word verwag dat die Reserwebank die rentekoers onveranderd sal hou. Moody’s sê intussen dat chroniese fiskale druk en strukturele swakpunte steeds Suid-Afrika se leningskoste hoër hou as dié van baie ander opkomende ekonomieë.

 
 
 

Comments


bottom of page