Suid-Afrika is weer onder die Henly Paspoortindeks se top 50
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 14, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika se paspoort het vyf plekke op 2025 se Henley Paspoortindeks opgeskuif. Die top 50 sterkste paspoorte ter wêreld word op hierdie indeks gelys. Volgens BusinessTech was Suid-Afrika byna 11 jaar laas onder die top 50. Dit is 'n beduidende mylpaal wat verbeterde mobiliteit vir Suid-Afrikaanse paspoorthouers weerspieël, selfs al toon wêreldneigings groeiende ongelykhede in paspoortsterkte. Die Henley Paspoortindeks, word algemeen beskou as die mees gesaghebbende maatstaf van paspoortkrag en word maandeliks bygewerk. Terwyl Suid-Afrika se styging noemenswaardig is, kom die verbetering ondanks die verlies van visumvrye toegang tot Ierland, wat die totale aantal toeganklike bestemmings verminder.







Comments