top of page

Suid-Afrika loods ‘n massa-pluimvee-inentingsveldtog

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 6
  • 1 min read

Om plaaslike pluimvee teen voëlgriep te beskerm het Suid-Afrika sy eerste massa-pluimvee-inentingsveldtog geloods. Die minister van Landbou, John Steenhuisen, het gister aangekondig dat die entstowwe op verskeie plase regoor die land uitgerol sal word. Dit kom weke na ‘n tydelike invoerverbod op pluimveeprodukte uit Brasilië, weens ‘n uitbreking van die H5N1-virus. Spesialisveeartse van die Universiteit van Pretoria en die Landbounavorsingsraad sal hoërisikogebiede prioritiseer om die verspreiding van voëlgriep te bekamp en verdere uitdunning te voorkom. Die minister het ook aangekondig dat die departement entstowwe bestel het om bek-en-klouseer te bestry.

 
 
 

Comments


bottom of page