top of page

Suid-Afrika se AGOA-toekoms is moontlik in die weegskaal

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 21
  • 1 min read

Daar is ’n groot risiko dat Suid-Afrika uit AGOA geskraap kan word. News24 berig Republikeinse politici in die VSA, insluitend die handelsverteenwoordiger, Jamieson Greer, druk daarvoor weens SA se standpunt oor Israel en sy bande met China. President Donald Trump het reeds ’n bevel onderteken wat alle hulp aan SA stop. Die African Growth and Opportunity Act (AGOA) gee sekere Afrika-lande, insluitend Suid-Afrika, pligsbevryde toegang tot die VSA-mark. Dit is belangrik vir Suid-Afrika se uitvoere, insluitend motors, vrugte en juweliersware. As Suid-Afrika uitgesluit word, kan uitvoere duurder raak, werksgeleenthede verlore gaan en die ekonomie skade ly. Selfs al word AGOA hernu, kan Suid-Afrika onder strenger voorwaardes val of steeds uitgesluit word.

 
 
 

Comments


bottom of page