top of page

Suid-Afrika se diplomatieke strategie met Amerika kom onder skoot

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 6, 2025
  • 1 min read

Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, het bevestig dat spesiale gesant, Mcebisi Jonas, nog nooit amptelik na die VSA gereis het nie. Jonas is aangestel ná die verwydering van die voormalige ambassadeur, Ebrahim Rasool. Hy moes betrekkinge tussen die twee lande versterk, maar is glo deur Washington verwerp oor vorige opmerkings oor die Amerikaanse president, Donald Trump. Sonder formele verteenwoordiging in Washington het Amerika nou ʼn 30% tarief op Suid-Afrikaanse uitvoere ingestel. Volgens die regering duur onderhandelinge voort en ’n nuwe ambassadeur sal binnekort aangestel word.

 
 
 

Comments


bottom of page