Suid-Afrika se eerste skoonheidskoningin is oorlede
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 24
- 1 min read
Die eerste vrou wat Suid-Afrika ooit op die Mej. Wêreld-verhoog in Londen verteenwoordig het, is in die ouderdom van 90 oorlede.
Netwerk24 berig Norma Foster (née Vorster) is in 1956 as die land se tweede Mej. Suid-Afrika gekroon, maar word wyd erken as die eerste, aangesien die kompetisie eers ná die stigting van die Mej. Heelal- en Mej. Wêreld-kompetisies amptelik bekend gestel is.
Foster het in 1967 na Amerika verhuis, by die Screen Actors Guild aangesluit en in Columbia-films verskyn. Sy het ’n assistent-professor in die teaterkunsdepartement van die Universiteit van Kalifornië in Los Angeles geword.
In 1976 het sy ’n TV-reeks, Wildlife in Crisis, vervaardig en aangebied, wat baie van die belangrikste wildlewegebiede en -probleme in Suider-Afrika gedek het. Hoewel die reeks vir Amerikaanse televisie vervaardig is, was dit die eerste wildlewe- dokumentêre reeks wat op Suid-Afrikaanse televisie uitgesaai is.






Comments