top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika se kernprobleme spruit vanuit swak regeringsbeleid

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 5, 2025
1 min read

Suid-Afrika se kernprobleme naamlik misdaad, vervalle infrastruktuur en ’n tekort aan kundigheid spruit alles vanuit swak regeringsbeleid.


So sê die landbouorganisasie, TLU SA.


Die organisasie het hierdie opmerking gemaak in die lig van die middeltermyn-begroting wat volgende week Woensdag aangebied word.


Volgens die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl, moet die regering duidelik ʼn keuse maak tussen ’n vryemarkpad of sosialisties-geïnspireerde beleid wat belegging stuit.


Hy sê begrotings bly nutteloos solank kundigheid, dissipline en aanspreeklikheid ontbreek.


Bennie van Zyl. FOTO: Maroela Media
Bennie van Zyl. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page