top of page

Suid-Afrika se lugvaartbedryf sukkel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jun 24
  • 1 min read

Die uitvoerende hoof van die Lugdiensvereniging van Suider-Afrika, Aaron Munetsi, sê lugdienste verloor 'n groot bedrag geld as gevolg van ondoeltreffendhede in lughawebedrywighede. Volgens hom hou die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika nie die lughawens behoorlik aan die gang nie. Hy blameer ook verswakkende lughawe-infrastruktuur vir gereelde vertragings en kansellasies van vlugte. In 'n onderhoud met Stephen Grootes op The Money Show sê Munetsi dat daaglikse operasionele uitdagings by lughawens regoor die land dit uiters moeilik maak vir lugdienste om winsgewend te werk. Intussen sê die redakteur van die SA Flyer-tydskrif, Guy Leitch, daar is sedert die Werêldbeker onderbelê in die onderhoud en bywerkings van lughawens. Hy voeg by die resultate van 15 jaar se onderbelegging word nou gesien.

 
 
 

Comments


bottom of page