top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika se mynbousektor vaar nie goed nie

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 9, 2024
1 min read

Suid-Afrika se mynbousektor is onder die top tien swakste plekke vir mynmaatskappye om te bedryf. Dit is volgens die Fraser-instituut se jongste opname oor die aantreklikheid van verskillende lande in die mynbousektor. Volgens die opname is die afname, aan voortdurend veranderende wetgewing en regulasies asook praatjies oor nasionalisering, te wyte. Intussen sal die 150 onwettige mynwerkers wat verlede week uit 'n verlate myn in Sabie in Mpumalanga gehaal is, na verwagting eersdaags in die plaaslike hof verskyn. Die groep het na 'n drie dae lange operasie van die suideskag af opgekom. Luidens berigte is al die buitelandse burgers, ongedokumenteerd. Vyf-en-negentig is na bewering van Lesotho, 32 van Mosambiek, en 16 is Zimbabwiese burgers.

 
 
 

Comments


bottom of page