top of page

Suid-Afrika se ontvoeringsyfers neem toe

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Mar 17
  • 1 min read

Ontvoeringsyfers in Suid-Afrika het die afgelope vyf jaar aansienlik gestyg. Volgens die jongste misdaadstatistieke byna 5 000 ontvoerings tussen Oktober en Desember verlede jaar aangemeld. Die statistieke toon dat Gauteng die hoogste ontvoeringsyfer het, met amper 2 500 gevalle. Dit word gevolg deur KwaZulu-Natal met 901 aangemelde ontvoerings en die Wes-Kaap met 275. ’n Private ondersoeker, Mike Bolhuis, sê die toename in ontvoerings is te wyte aan sakewedywering, mensehandel, opportunistiese misdade, losprys-eise en politieke of persoonlike vendettas.

 
 
 

Comments


bottom of page