top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika se tronke is oorvol

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 24, 2025
1 min read

Tronke regoor Suid-Afrika het plek vir sowat 107 000 gevangenes, maar daar word tans amper 60 000 meer mense ingedruk. Baie van hierdie mense, is volgens Primedia, verhoorafwagtend en is in die tronk omdat hulle nie borgtog van minder as R1000 kan bekostig nie. Dit kos die staat sowat R500 per dag om 'n enkele gevangene te huisves. Om meer plek te maak word moontlikhede van borgtogfinansiering vir sommige van hierdie individue bespreek. Die twee korrektiewe diensfasiliteite wat tans gebou word, behoort binne hierdie finansiële jaar in werking te wees.

 
 
 

Comments


bottom of page