top of page

Suid-Afrika se vaardigheidstekort neem toe

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 29
  • 1 min read

Suid-Afrikaanse maatskappye waarsku teen ’n toenemende vaardigheidstekort.


Volgens die jongste Xpatweb Critical Skills-opname het 84% van groot werkgewers, insluitend JSE-genoteerde en multinasionale firmas, hierdie jaar gesukkel om geskikte plaaslike talent te vind.


Dit is in vergelyking met 79% verlede jaar.


Ingenieurs-, inligtingstegnologie- en ambagsrolle bly die moeilikste om te vul, terwyl gesondheidsorg- en finansiële sektore ook groter tekorte toon.


Xpatweb sê die kritieke vaardigheidslys moet dringend opgedateer word om die land se huidige behoeftes te weerspieël.


Ter illustrasie. FOTO: Indeed
Ter illustrasie. FOTO: Indeed


Comments


bottom of page