Suid-Afrika se voertuigverkope is die hoogste in ‘n dekade
- Nadia Pieters
- Oct 6
- 1 min read
Suid-Afrika se motorbedryf het September die hoogste motorverkope in ‘n dekade gehad met oor die 54 000 nuwe voertuie wat verkoop is.
Daar heers egter gemengde optimisme met kenners wat waarsku dat die regering se motorontwikkelingsprogram, wat plaaslike produksie moes bevorder, steeds misluk het.
Halfsaamgestelde invoere oorheers die mark en plaaslike werkverliese neem toe.
Bedryfsleiers vra dat die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, dringend duidelikheid gee oor Suid-Afrika se elektriesevoertuigbeleid, aangesien uitvoermarkte soos die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie binnekort petrol- en dieselmotors gaan verbied.

Comments