Suid-Afrika se waterskaarste kan nie as normaal behandel word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 22, 2025
- 1 min read
Die adjunkminister van Water en Sanitasie, David Mahlobo, sê Suid-Afrika se waterskaarste kan nie as normaal behandel word nie.
Hy het by die derde Internasionale Konferensie oor Aard- en Omgewingswetenskappe in KwaZulu-Natal gepraat.
Volgens Mahlobo toon genoeg bewyse dat die land semi-droog is, met sommige streke wat lae gemiddelde reënval en droogtes ervaar.
Hy sê die departement en regering het ‘n nasionale waterhulpbronstrategie gepubliseer om hierdie probleem aan te pak.
Mahlobo sê daar is ‘n behoefte om te verseker dat gemeenskappe en hul inheemse navorsing en praktyke deel van die oplossings is.






Comments