top of page

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer daal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 12
  • 1 min read

Suid-Afrika se werkloosheidsyfer het in die derde kwartaal tot 31.9% gedaal.


Dit is minder as die 33.7% van die vorige kwartaal.


Die jongste data van Statistieke Suid-Afrika toon dat 17.1 miljoen mense nou in diens is, maar ongeveer 8 miljoen is steeds werkloos.


Die Statistikus-generaal het die syfers Dinsdadg vrygestel, en voeg by hoewel die afname positief is, bly werkloosheid een van die land se mees volgehoue ​​ekonomiese uitdagings.


Intussen sê die Good-party Suid-Afrika beweeg te stadig om sy armoede-gaping aan te spreek.


Hulle voeg by die land sal slegs die behoefte aan werk en lewensonderhoud inhaal indien die ekonomie konsekwent met vier of vyf persent groei.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page