Suid-Afrika verbind hom tot aksie om onwettige finansiële vloei aan te pak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 21, 2025
- 1 min read
Suid-Afrika ondersteun en verbind hom tot die aksies wat uiteengesit is tydens die Vierde Internasionale Konferensie oor Finansiering vir Ontwikkeling wat vroeër hierdie maand in Spanje gehou is.
Dit is volgens die minister van Beplanning, Monitering en Evaluering, Maropene Ramokgopa.
Ramokgopa het vandag die openingstoespraak gelewer tydens ‘n G20-Ontwikkelingswerkgroepvergadering.
Die internasionale koferensie oor finansiering het regerings aangespoor om inkomste wyslik in te samel en te bestee, finansiële ondeursigtigheid te beperk en te verseker dat globale belastingnorme aan almal se behoeftes voldoen.
Ramokgopa sê hierdie maatreëls is noodsaaklik om die verlies aan welvaart deur onwettige finansiële vloei te stop, wat vertroue ondermyn en ekonomieë destabiliseer.
LUISTER:






Comments