Suid-Afrika vier die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme-veldtog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 25
- 1 min read
Die regering het Dinsdag die jaarlikse 16 Dae van Aktivisme vir Geen Geweld teen Vroue en Kinders-veldtog afgeskop.
Die bekendstelling kom terwyl geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord nou tot ‘n nasionale ramp verklaar is.
Vanjaar se veldtog doen ‘n beroep op mans, vroue, seuns, meisies en mediahuise om saam te werk om die plaag van geweld te beëindig. Die adjunkminister van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Steve Letsike, sê data toon dat die probleem verdiep.
Letsike sê hul hoop vir volgende jaar is dat minder vroue, kinders en kwesbare lede van die samelewing doodgemaak of vermis sal word.





Comments