Bloemfontein-vroue raak vir 15 minute stil
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 21
- 1 min read
‘n Groep vroue van Bloemfontein het Vrydag om 12-uur vir 15 minute saam gaan lê ter ere van die 15 vroue wat elke dag in Suid-Afrika vermoor word.
Soortgelyke vreedsame protes-aksies is regoor die land gehou onder die hutsmerk #WomenForChange.
In ooreenstemming hiermee het Chané Bruwer ‘n meer intieme byeenkoms in Bayswater gereël.
Bruwer is verbonde aan She Creates Female-Led Networking, en sê hulle wou ‘n kleiner geleentheid reël vir vroue wat nie by die ander twee byeekomste op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat en in Hoffman Plein kan wees nie.
Buiten saam lê op die vloer, geklee in swart, het die vroue ook plakkate met slagspreuke gemaak ter ondersteuning van slagoffers van geslagsgebaseerde geweld – waarvan sommige vroue by die byeenkoms getuig het.
Ander plakkate het weer hulself en hul veelvuldige rolle as vrou uitgelig.
President Cyril Ramaphosa het Donderdag geslagsgebaseerde geweld ‘n nasionale krisis verklaar.






Comments