Suid-Afrika vier Menseregtedag
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
Suid-Afrika herdenk Saterdag Menseregtedag.
Die dag word gevier om die mense te onthou wat deur die apartheidsregering in die Sharpeville-slagting van 21 Maart 1960 vermoor is. Die apartheidspolisie het 69 mense doodgeskiet wat teen die land se paswette betoog het.
Dit word ook herdenk om bewustheid oor menseregte in die land te verhoog.
Vanjaar vier Suid-Afrika die dag onder die tema, Handves van Regte op 30, maak Menseregte werklik.
President Cyril Ramaphosa sal die hooftoespraak by die AR Abass-stadion in die Noord-Kaap lewer tydens die nasionale herdenking. Suid-Afrika vier ook Maart as Menseregtemaand.








Comments