top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrika vra vir uiterste selfbeheersing in Midde-Ooste

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 3, 2024
1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het kommer uitgespreek oor die toenemende vyandighede in die Midde-Ooste. Die regering het in ‘n verklaring verwys na Israel se militêre optrede in Libanon, en Iran se weerwraakaanvalle vroeër die week. Suid-Afrika het ‘n beroep op alle betrokkenes gedoen vir uiterste selfbeheersing. SABC-nuus berig die regering sê die kwesbare mense in die streek ly die meeste onder die konflik. Volgens Suid-Afrika glo hy steeds in die Palestynse volk se reg op selfbeskikking as ‘n voorvereiste vir vrede in die streek.

 
 
 

Comments


bottom of page