top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SA word gemaan om water spaarsamig hierdie feestyd te gebruik

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 18, 2025
  • 1 min read

Die minister van water en sanitasie, Pemmy Majodina, vra dat Suid-Afrikaners hierdie feestyd water spaarsamig gebruik.


Sy het huishoudings aangemoedig om krane toe te draai, die onnodige gebruik van swembadpompe te vermy en slegs vroegoggend of saans hul tuine te besproei.


Majodina het ook reënwateropvang en die beskerming van natuurlike fonteine, veral in landelike gebiede, beklemtoon. Sy waarsku verder dat lekkasies en onwettige aansluitings waterbesparing kan ondermyn.


Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos
Ter illustrasie. FOTO: Ilde Roos

 
 
 

Comments


bottom of page