top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaanse musiek toon ongekende groei op Spotify

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 6, 2025
  • 1 min read

Volgens Spotify se Loud en Clear Transparency Report het Suid-Afrikaanse musiek die afgelope jaar ongekende groei op die oudiostroomreus behaal, met plaaslike kustenaars wat rekord-tantieme verdien het. Volgens die verslag het tantieme vir Suid-Afrikaanse kunstenaars ongeveer R400 miljoen bereik, wat ‘n 54 % toename in vergelyking met 2023 is. Dit wys ook dat meer as 200 miljoen gebruiker-geskepte snitlyste op die platform plaaslike kunstenaars bevat. Spotify sê musiekliefhebbers spandeer gemiddeld daagliks meer as 600 000 uur deur na Suid-Afrikaanse kunstenaars te luister.

 
 
 

Comments


bottom of page