top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaanse ondernemings vertrou dat die sakelandskap kan verbeter

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 22, 2024
1 min read

Klein en medium ondernemings in Suid-Afrika het vertroue in die regering van nasionale eenheid se vermoë om die land se sakelandskap te verbeter getoon. Dit is volgens die Business Partners Limited 2024 tweede kwartaal Klein en medium ondernemings-vertrouensindeks. Die indeks toon dat 60-komma-96-persent van klein en medium ondernemings wat ondervra is, glo dat die regering van nasionale eenheid die land ‘n meer aantreklike plek vir beleggers sal maak, wat besigheidsgroei tot gevolg sal hê. Uitvoerende hoofbestuurder vir impakbelegging by die entiteit, David Morobe, sê 81-persent van die respondente verwag dat ondernemings oor 12 maande sal groei, wat ‘n daling van twee-persent is vanaf verlede kwartaal.

 
 
 

Comments


bottom of page