Suid-Afrikaanse renosterhoring is op 'n Singapoer-vliegtuig gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 19
- 1 min read
Die owerhede in Singapoer het op ʼn renosterhoringvonds ter waarde van duisende rande op ʼn vliegtuig beslag gelê.
Maroela Media berig Singapoer se Nasionale Parkeraad sê ʼn vraghanteerder het ʼn “sterk reuk” by een van die pakke meubelgoedere opgemerk. By nadere ondersoek is 20 renosterhorings gevind, wat later bevestig is as dié van Suid-Afrikaanse witrenosters.
Volgens die parkeraad sal die renosterhorings vernietig word ingevolge bepalings van die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies.
Dit is onwettig om met renosterhoring te smous, maar dit is in sommige dele van Asië steeds uiters gewild as tradisionele medisyne.






Comments