top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaanse Weerdiens van lyn af

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 28, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) se inligting- en kommunikasiestelsels is weens ‘n kuberaanval van lyn af. Volgens ‘n mediaverklaring word aspekte van kritieke dienste, insluitend lugvaart en mariene, onderbreek. Boonop is die SAWD se e-posstelsel en webwerf, wat die middelpunt van kritieke weerinligting is, geraak. Alternatiewe maniere om belangrike inligting soos die weervoorspellings te versprei, is egter in plek gestel. Terwyl die kuberaanvalle ondersoek word, word die publiek aangeraai om op die SAWD se sosiale media-platforms staat te maak vir weerinligting. Die aanval was die tweede in die bestek van twee dae nadat die aanvanklike poging Saterdagaand misluk het.

 
 
 

Comments


bottom of page