Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen erge donderstorms

Apr 7, 2025
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n waarskuwing vir erge donderstorms vir groot dele van die Vrystaat, asook die Mangaung Metro Munisipaliteit uitgereik. Inwoners word gevra om Maandag versigtig te wees weens ’n risiko vir oorstromings van paaie, laagliggende gebiede en brûe. Die weerdiens maan inwoners om nie skuiling onder bome of hoë voorwerpe tydens storms te soek nie, en om motors onder skuiling te parkeer.








Comments