top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaners hoef nie oor die radioaktiewe voorvalle by Koeberg bekommerd te wees nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 19
  • 1 min read

Suid-Afrikaners hoef nie oor die onlangse radioaktiewe voorvalle by die Koeberg-kernkragstasie bekommerd te wees nie.


Volgens BusinessTech het drie voorvalle het tussen 30 Junie en 7 Julie tydens instandhoudingswerk by Eenheid 2 plaasgevind.


Verhoogde radioaktiewe besmetting is binne die inperkingsgebou aangeteken, maar geen radioaktiewe materiaal is in die omgewing vrygestel nie.


Die minister van Elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sê daar was geen gevaar vir omliggende gemeenskappe nie.


Werknemers wat aan straling blootgestel is, het volgens hom dosisse ontvang wat laer was as dié van 'n tandheelkundige X-straal.


Ramokgopa sê Koeberg speel steeds 'n belangrike rol om beurtkrag te beperk en dat die regering beplan om Suid-Afrika se kernkragvermoë in die toekoms verder uit te brei.


Kgosientsho Ramokgopa. FOTO: Mining Review Africa
Kgosientsho Ramokgopa. FOTO: Mining Review Africa

 
 
 

Comments


bottom of page