top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaners in Iran moet die Ambassade kontak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 17, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse regering het alle burgers wat tans in Iran is, aangemoedig om die Ambassade in Teheran te kontak, om sodoende te verseker dat hulle by die Ambassade geregistreer is en dat hul plek van verblyf bekend is. Luidens ‘n mediaverklaring van die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking het vyandelikhede tussen Israel en Iran die afgelope dae toegeneem namate die twee lande aanvalle teen mekaar geloods het. Hulle voeg by dit is belangrik om daarop te let dat Suid-Afrika se ondersteuning in die land beperk is en dat daar aanvaar kan word dat geen persoonlike konsulêre bystand in 'n noodgeval moontlik sal wees nie. Suid-Afrikaners word verder aangemoedig om hul eie veiligheid en sekuriteit te assesseer en dienooreenkomstig op te tree.

 
 
 

Comments


bottom of page