top of page

Suid-Afrikaners is in Oekraïne vasgekeer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

Sewentien Suid-Afrikaners, meestal jong mans van KwaZulu-Natal, is in Oekraïne se oorloggeteisterde Donbas-streek vasgekeer.


Berigte dui daarop dat hulle gewerf is met beloftes van lonende geleenthede om by buitelandse huursoldaatmagte aan te sluit.


President Cyril Ramaphosa het die uitbuiting van kwesbare jongmense veroordeel en ‘n ondersoek na die situasie gelas.


Hy sê hulle werk deur diplomatieke kanale om die jong mans se veilige terugkeer te verseker.


Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media



 
 
 

Comments


bottom of page