Suid-Afrikaners kan in 2026 matige salarisverhogings verwag
- Saamgestel deur Jana Roos

- Dec 26, 2025
- 1 min read
Suid-Afrikaanse werknemers kan in 2026 ’n matige salarisverhoging verwag.
Die konsultasiefirma Axiomatic voorspel ’n gemiddelde styging van sowat vyf persent. Die raming is gebaseer op ’n gestruktureerde proses wat verwagte inflasie, werklike loonstygings en ekonomiese toestande in ag neem.
Axiomatic gebruik ’n vooruitskouende inflasie-tendens wat ooreenstem met die Reserwebank se nuwe drie persent teiken.







Comments