top of page

Suid-Afrikaners kan nou direk Mauritius toe vlieg

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 29, 2025
  • 1 min read

In ‘n eerste vir Suid-Afrika gaan daar nou ‘n direkte vlugdiens tussen Kaapstad en Mauritius wees.

South African Airways (SAA) het aangekondig die eerste vlug sal op Dinsdag 9 Desember 2025 plaasvind. Die vlug sal ongeveer vyf uur duur.

Volgens Business Tech sê SAA dit is iets waarna hulle al geruime tyd streef. Die insluit van dié roete demonstreer SAA se rol in die bevordering van toerisme-doelwitte vir beide Suid-Afrika en Mauritius.

Die laekoste-lugredery FlySafair het ook onlangs ‘n vlug tussen Kaapstad en Hoedspruit in Limpopo aangekondig. Dit kom te midde van stakings en samesprekings tussen FlySafair en die vakbond Solidariteit oor salarisse en vlugroosters. Rosestad-nuus het vroeër berig dié stakings kan tot nog vlugkansellasies lei.

 
 
 

Comments


bottom of page