Suid-Afrikaners meen misdadigers word nie swaar genoeg gestraf nie
- Nadia Pieters

- Nov 4
- 1 min read
Statistieke Suid-Afrika se jongste Opname oor Bestuur, Openbare Veiligheid en Geregtigheid toon dat 55.2% Suid-Afrikaanse Huishoudings meen dat howe misdadigers nie voldoende straf nie.
Die meeste meen dat strawwe wat opgelê word nie swaar genoeg is nie.
Soveel as 71.2% van die respondente het aangedui dat die tronkstraf wat vir gewelddadige misdade opgelê word, te kort is.
Suid-Afrikaners is wel tevrede dat daar meer skuldigbevindings is, en ook dat dit makliker is as ʼn paar jaar gelede om by hul naaste landdroshof uit te kom.
ʼn Kommerwekkende bevinding uit die opname is dat slegs 33.9% van respondente ouer as 16 jaar weet van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se bestaan.
Daarvan weet sowat slegs die helfte dat dit die NVG se hooftaak is om beskuldigdes te vervolg.






Comments