top of page

'Suid-Afrikaners moenie bang wees om hervormingskwessies te bespreek nie'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 8, 2025
  • 1 min read

Die adjunkminister van hoër onderwys en opleiding, Nomusa Dube-Ncube, sê Suid-Afrikaners moet nie bang wees om hervormingskwessies te bespreek nie.


Dube-Ncube het Dinsdag die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid se 30-jaar vieringskonferensie toegespreek.


Sy sê Suid-Afrikaners moet eerlik wees oor wat negatief is omtrent transformasie en wat reggestel moet word.


Die adjunkminister sê die geskiedenis sal die departement oordeel as dit niks doen om lewens te verbeter nie.


LUISTER:



Nomusa Dube-Ncube. FOTO: Polity
Nomusa Dube-Ncube. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page