top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaners moenie deur 30 Junie mislei word nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 17
  • 1 min read

Suid-Afrikaners moet hulle nie laat mislei deur die sperdatum van 30 Junie wat deur sommige groepe aan ongedokumenteerde buitelanders gestel is nie.


Volgens eNCA het president Cyril Ramaphosa die opmerkings gemaak tydens Jeugdagvieringe by Nasrec in Johannesburg.


Hy sê geen Suid-Afrikaner moet optree teen mense van ander Afrika-lande nie en dat dit die verantwoordelikheid van die regering en staatsamptenare is om immigrasiekwessies te hanteer.


Ramaphosa voeg by die sogenaamde 30 Junie-sperdatum is nie nodig nie, aangesien die regering reeds besig is om die uitdagings rondom immigrasie en onwettige aktiwiteite aan te spreek.


Hy het verder gewaarsku dat Suid-Afrikaners hulle nie moet laat mislei deur mense wat volgens hom onstabiliteit in die land wil aanwakker nie.


Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook
Cyril Ramaphosa. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page