Suid-Afrikaners verkry visumvrye toegang tot Indonesië
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 7 days ago
- 1 min read
Suid-Afrikaners het visumvrye toegang tot Indonesië verkry ná ‘n nuwe ooreenkoms tussen die twee regerings.
BusinessTech berig Indonesië se visepresident het die verandering by ‘n sakeforum in Johannesburg aangekondig.
Hy het bevestig dat beide lande ooreengekom het om visumvereistes vir kort besoeke kwyt te skeld. Suid-Afrikaners wat voorheen na die land gereis het, moes ‘n visum met aankoms kry, met bewys dat hulle genoeg fondse en verblyf gehad het. Die nuwe reëls verwyder daardie papierwerk en koste, wat reis makliker en vinniger maak.






Comments