Suid-Afrikaners word aangemoedig om finansiële doelwitte te stel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 31
- 1 min read
Suid-Afrikaners word aangemoedig om hierdie Finansiële Beplanningsmaand te gebruik om nuwe finansiële doelwitte te stel, en hul vordering vir die toekoms dop te hou.
ʼn Onlangse Sanlam-opname het bevind dat 60% van die respondente skuld as hul grootste finansiële uitdaging geïdentifiseer het.
Dit terwyl 62% gesê het dat hulle daarna streef om impulsiewe besteding te beperk.
Sanlam se hoof van Kanaal- en Segmentbemarking, Lee Hancox, sê baie Suid-Afrikaners sukkel met skuld, en dit is een van die grootste hindernisse vir finansiële vertroue.
Hy voeg by om te verstaan hoeveel ʼn persoon verdien, skuld en aan sekere items bestee, bied ʼn beter kans om hul finansies te beheer.






Comments