top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Suid-Afrikaners word aangemoedig om troeteldiere teen hondsdolheid te laat inent

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 25, 2025
  • 1 min read

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NCID) het 'n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om te verseker dat hul troeteldiere teen hondsdolheid ingeënt word. Volgens die NCID bly hondsdolheid 'n ernstige bedreiging vir openbare gesondheid in die land, veral in die Oos-Kaap, KwaZulu-Natal en Limpopo. Hulle voeg by ten minste 70% van die land se hondebevolking moet ingeëntword. Die instituut doen 'n beroep op die publiek om diere met hondsdolheid by veeartsenykundige dienste aan te meld en onmiddellike mediese sorg te soek as hulle deur 'n hond gebyt word. iOL berig luidens die NICD se toesigdata van 2011 tot 2023, is amper 100 000 dierebytgevalle regoor die land aangemeld.  Die studie meld ook dat 32 mense tydens die tydperk met hondsdolheid besmet is.

 
 
 

Comments


bottom of page