top of page

Suid-Afrikaners word aangespoor om oortreders ‘n tweede kans te gee

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 13
  • 1 min read

Die parlement se Portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het Suid-Afrikaners versoek om oortreders ‘n tweede kans te gee.


Die komitee het verlede week verskeie gevangenisse in die Oos-Kaap besoek en gevind dat werkgewers huiwerig is om voormalige gevangenes aan te stel.


Hulle het ook ander uitdagings ontdek, insluitend lekkende krane, swak kombuisinfrastruktuur en groot hoeveelhede smokkelware.


Volgens die komitee is korrektiewe sentrums bedoel om oortreders te bemagtig en op te lei.


Hulle verseker die publiek dat die Departement van Korrektiewe Dienste op grond van deeglike advies optree voordat oortreders vrygelaat word.

Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media
Ter illustrasie. FOTO: Maroela Media



Comments


bottom of page