Suid-Korea kook onder ‘n rekordhitte

Aug 3
1 min read
Suid-Korea beleef sy hoogste temperature in meer as 'n eeu. Die kwik het in die suidoostelike stad Yangsan tot 42,5˚C gestyg.
eNCA berig inwoners in meer as 20 gebiede is opdrag gegee om binnenshuis te bly.
Wetenskaplikes waarsku dat klimaatsverandering en die El Niño-verskynsel hierdie uiterste hittegolf dryf.
Intussen gaan die suide van Europa ook onder temperature van meer as 40˚C gebuk, terwyl owerhede gelyktydig teen ernstige veldbrande veg.









Comments