Suider Afrika se eerste swart kardioloog kry 'n eredoktorsgraad
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 20
- 1 min read
Wits Universiteit het ‘n Eredoktorsgraad in Geneeskunde toegeken aan Suider-Afrika se eerste swart kardioloog toegeken.
Die 94-jarige Kubedi Patrick Mokhobo is vereer vir sy baanbrekersbydrae tot medisyne.
Mokhobo het apartheidsera-hindernisse oorkom om die eerste swart dokter te word wat Suid-Afrika se Mediese Genootskap-eksamens geslaag het en later as ‘n kardioloog gekwalifiseer het.
Hy het ook ‘n sleutelrol gespeel in die ontwikkeling van gesondheidsorg en mediese onderwys in Suid-Afrika, Eswatini en Lesotho.








Comments