Suiwelboere waarsku dat melkpryse kan styg

Suid-Afrikaanse suiwelboere waarsku dat verbruikers op die lang termyn met hoër melkpryse te kampe kan kry.
Dit aangesien stygende produksiekoste en laer pryse wat aan boere betaal word, die lewensvatbaarheid van suiwelondernemings bedreig.
Samilco se hoof- uitvoerende beampte, André van Heerden, sê die groot melkkoper Lactalis het sy produsenteprys met 70 sent per liter, of sowat 10%, verlaag.
Hy sê baie boere ly reeds verliese en beskik oor beperkte bedingingsmag.
Van Heerden pleit vir groter deursigtigheid regdeur die suiwelvoorsieningsketting.
Hy voeg by dat, indien laer produsentepryse bedoel is om 'n melkoorskot te verminder, verbruikers ook daarby behoort te baat deur middel van laer kleinhandelpryse.









Comments