Susan Bender is die Vrystaat se toppresteerder
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jan 15, 2025
- 1 min read
Die Vrystaat se toppresteerder, Susan Bender van die Bethlehem Voortrekker Hoërskool in die Oos-Vrystaat, het onderskeidings in al sewe haar vakke en ‘n gemiddeld van 96% behaal. Sy beoog om medies aan die Universiteit van die Vrystaat te studeer. Netwerk24 berig Bender, was egter nie by die konferensie wat 2024 se top 10 Vrystaatse-leerders bekend gemaak het nie. Dit nadat dié provinsie se onderwysdepartement nagelaat het om haar van die geleentheid in kennis te stel. Volgens die departement se woordvoerder, Howard Ndaba is die eintlike spoggeleentheid eers Vrydag en was Maandag se geleentheid, by die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein, net ‘n media-inligtingsessie.







Comments