SUT begin ondersoek ná los stukke beton op kind val
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 14, 2025
- 1 min read
Updated: Dec 15, 2025
Die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) het ’n interne ondersoek geloods nadat ’n 14-jarige leerling kopbeserings opgedoen het toe los stukke beton van die dak van Boet Troskie-saal in Bloemfontein geval en haar getref het.
Die leerling het deelgeneem aan ’n debatkompetisie wat by die SUT aangebied is.
Volgens 'n verklaring deur die SUT is noodhulpdienste onmiddellik ontbied en die leerling is na ’n mediese fasiliteit vervoer vir behandeling.
Die SUT sê dat veiligheid en welstand van besoekers en deelnemers vir die instelling van uiterste belang is, en dat die ondersoek sal fokus op hoe en waarom die beton losgeraak het - om te verhoed dat soortgelyke voorvalle in die toekoms plaasvind.







Comments