SUT bemagtig studente met internasionale samewerkingsvaardighede

X-Culture se sertifikaatuitdeelseremonie is onlangs deur die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se Internasionale Studentevereniging by die Bloemfontein-kampus aangebied. Tydens die geleentheid is die prestasies van 18 SUT-studente, wat aan die wêreldwyd erkende X-Culture virtuele uitruilprogram deelgeneem het, gevier. Sowat vyf en ‘n half duisend studente van oor die honderd universiteite in 70 lande oor ses kontinente het aan die program deelgeneem. Hulle is in verskeie spanne verdeel, wat elk uit lede van ses lande bestaan. Die spanne het saamgewerk om werklike sake-uitdagings wat deur multinasionale korporasies aangebied word, aan te spreek. Deur hierdie program het studente eerstehandse ervaring van die kompleksiteite van internasionale samewerking opgedoen, terwyl hulle vaardighede in sakeplanontwikkeling, kommunikasie en interkulturele bevoegdheid ontwikkel het.








Comments