SUT-bestuur tree in ná studenteprotes op die Bloemfontein-kampus
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Die bestuur van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie in Bloemfontein sê hy is bewus van ’n studenteprotes wat op die kampus plaasgevind het.
Volgens ‘n kennisgewing van die universiteit wat aan hul personeel gestuur is, sal bestuur met die Studenteraad skakel om die studente se bekommernisse en griewe aan te spreek.
Die universiteit sê hy respekteer die reg tot vreedsame protes, maar bly verbind tot die veiligheid van studente, personeel en besoekers.
Personeel is intussen aangemoedig om, waar moontlik, van die huis af te werk terwyl die situasie ontwikkel.
Die universiteit het ook ’n beroep op betogers gedoen om verantwoordelik op te tree en optrede te vermy wat hulself of ander in gevaar kan stel.







Comments