SUT, Centlec span saam om leierskapvaardighede te laat herleef

Sep 4, 2024
1 min read
Die Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) en Centlec, in Bloemfontein, het 'n unieke program vir uitvoerende leierskap en bestuursontwikkeling bekendgestel. Die program is spesiaal vir 20 Centlec uitvoerende- en senior bestuursamptenare ontwerp. Met sy unieke benadering, word daar gefokus om die vaardighede op 'n praktiese en effektiewe wyse te revolusioneer. Nie net is die 6-maande program gesertifiseerd nie, maar word ook deur die SUT geakkrediteer. Die program voldoen ook aan die nuwe benadering van onderwys en opleiding wat die ontwikkeling, opgradering en multi-vaardighede van menslike kapitaal in die gemeenskap verseker.








Comments