top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SUT gee stap vorentoe vir kankerbehandeling

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 5, 2025
1 min read

Die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) is trots op hul beduidende vooruitgang in kankerbehandeling. Luidens ‘n aanlyn-artikel van die SUT is doktorale navorser, Ipeleng Kgosiemang, besig met navorsing om tradisionele terapieë met moderne wetenskap te integreer. Die navorsing teiken spesifiek drievoudig-negatiewe borskanker deur die innoverende integrasie van nanotegnologie en tradisionele akupunktuurtegnieke. Volgens Kgosiemang is kankerterapieë histories met ernstige newe-effekte geassosieer, weens hul onvermoë om kankerselle selektief te teiken, en dit is hierdie uitdagings wat deur haar innoverende navorsing aangespreek word. Kgosimang se baanbrekende metode gebruik elektromagnetisme om chemoterapeutiese middels direk na ‘n tumor te lei.

 
 
 

Comments


bottom of page