top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

SUT-gradeplegtigheid in Bloemfontein afgesluit

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 24, 2025
1 min read

Die Vrystaatse Sentrale Universiteit van Tegnologie (SUT) se herfsgradeplegtigheid het by die Welkom-kampus afgeskop en sal die week by die Bloemfontein-kampus afgesluit word. Volgens ‘n artikel op SUT se webtuiste sal altesaam 3 715 gegradueerdes van beide kampusse hul kwalifikasies ontvang. Onder hulle sal daar aan 21 doktorsgrade toegeken word, terwyl 38 hul meestersgrade sal ontvang. In sy gelukwensingsboodskap het die Adjunk Visekanselier van onderrig en leer, prof. David Ngidi, die 729 Welkom-kampus-gegradueerdes vir hul prestasies en harde werk gelukgewens. Hy het ook die ouers, voogde en dosente vir hul aanmoediging en ondersteuning gedurende die gegradueerdes se akademiese reis bedank.

 
 
 

Comments


bottom of page